best free web software



Kyk Video's

Sien hoe lekker word daar geboer!

Veiling Hoogtepunte!

Kyk net hóé lekker kan boere veiling hou... Met top genetika tot hul beskikking, het Vlakte Bonsmara Studiegroep 'n bielie van 'n veiling gehou in Roedtan! In hierdie video kan jy sien hoe ernstig word Bonsmara beeste gekoop en verkoop, en na die veiling het almal heerlik gesellig verkeer om die braaivleis vuur ;)

Die Veiling is met trots aangebied deur Vleissentraal Bosveld !

Die Nissan NP300 Bakkie

Die Nissan NP300 Hardbody is die onmiskenbare koning van Afrika-bakkies, wat deur die jare ‘n benydenswaardige reputasie vir betroubaarheid en robuustheid verdien het. Hiérdie bobaas bakkie is gebou om selfs die mees ekstreme omgewings te oorheers. Dit word toegerus met verhoogde krag, hoë grondvryhoogte, ‘n stewige, geslote laer-tipe raam en ‘n versterkte onderstel om enige terrein aan te pak.

Koop dit nou by BB Hatfield Nissan
012 432 3300
AFLEWERINGS LANDSWYD

Kunsmatige Inseminasie

BOERhier het gaan kuier by Dellani Boerdery in die Krugersdorp omgewing.

Pieter de Lange en Christo Pretorius het groot planne vir hul SA Vleismerino stoet. Hulle het vir ons gewys hoe hulle die ooie Kunsmatig Insemineer. Hierdie is 'n leersame video ;)  

Juris Brahmane

Juris Brahmane bied 'n vers te koop aan by die Big 50 Classic Vers Veiling op 5 April 2019 in Bela-Bela. Ons kyk 'n bietjie na hierdie besonderse vers wat Lot 11 is, en spog ook met die hele stoet waarmee Julius Erasmus so lekker boer!

Kontak:
Julius Erasmus
078 220 4402 

Inligtingsdag

'n Baie insiggewende inligtingsdag was gehou by Vleissentraal Onderstepoort vir opkomende boere. Pragtige Brahman beeste was op skou en hiérdie beesras in besonder was bevorder.

Vir verdere navrae, kontak gerus die organiseerder
van hierdie wonderlike dag:
Lizemari de Klerk - 072 380 0846

Jacobs Brahmane

Jacobs Brahmane het 'n passie vir top genetika. Met Willem en Marlize Jacobs aan die stuur is sukses hul voorland en hiérdie besonderse stoet staan vir niemand terug nie. 

Willem Jacobs: 083 631 6373
WJ Boerdery/Farming

Boer Voluit!

BOERhier het vreeslik baie lekker gekuier by Anton Scheepers van die Bronkhorstspruit omgewing. Hy het met soveel entoesiasme en passie sy plaas vir ons gewys.

Anton, baie dankie vir jou wonderlike gasvryheid! Jou plaas is pragtig en voorwaar 'n bewys dat mens met harde werk en deursettingsvermoë die vrugte daarvan kan pluk.

4 Van Die Beste Veiling

BOERhier het gaan kuier by die Vleissentraal Bosveld Brahman veiling wat gehou was te Warmbad op 2 Maart 2019. "4 Van Die Beste" Brahman telers het behoorlik kwaliteit diere te koop aangebied.

De Blanque Brahman Stud
Gernick Brahmane
Primro Brahmane
Pascale Brahmane

Doornpoort Genetics Veiling

Wat gebeur by 'n bobaas veiling van 'n vooraanstaande boerbok telersgroep in Suid-Afrika?

Ons het vreeslik baie lekker gekuier by Vleissentraal Onderstepoort wat 'n boerbok veiling gehou het namens Doornpoort Genetics, 22/02/2019.

Dekalb DKC72-76BR

Louis Pieterse van DEKALB SA in Reitz het vir ons vertel van 'n nuwe kultivar wat hulle nou beskikbaar het vir boere. Kontak hom gerus by 0829447716 indien jy verdere navrae het.

Lentedag by Revet

BOERhier het lekker gekuier by Revet op lentedag! Kyk net wat is alles te koop in hierdie vreeslike interessante winkel wat enige boer se hart sal laat smelt!
Dit was absoluut 'n jolige atmosfeer!

Revet is 'n gemagtigde John Deere Handelaar.
www.revet.co.za

Volg ons op Sosiale Media

© Kopiereg 2019 - BOERhier  - Alle Regte Voorbehou